Free Book Search Free eBooks of the Day   Today's cartoons
Recommended books  Best books of the 20's  Adventurous Books  Books about Money  Children's Books  Computer Science  
Crime & Mystery  Epic Fantasy  Horror  Humor  Philosophical Literature  Poetry  
Political Science Nonfiction  Romance  Science (Non-Fiction)  Science Fiction  Sociology  Woman  

Kennis van die Aand
André P. Brink
Die verbod op Kennis van die aand in 1974 was ’n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Die publisiteit het gewissel van Koot Vorster se berugte uitspraak: “As dít letterkunde is, dan is ’n bordeel ’n Sondagskool” tot die stelling dat dit die “grootste roman is wat nog uit Suid-Afrika voortgekom het”. En danksy dié publisiteit is dit wêreldwyd vertaal, wat tot vandag toe die skrywer se internasionale loopbaan bepaal deurdat sy werk nou in 33 tale beskikbaar is. In Brink se werk self bly dit ’n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen.

Teen die agtergrond van ’n lydensgeskiedenis wat oor twee eeue strek en ’n geskakeerde beeld van Suid-Afrika vandag, verloop die lewensverhaal van ’n talentvolle Kaapse bruinman Josef Malan wat stadigaan – veral in die ontplooiing van sy liefdesverhouding met die Britse meisie Jessica – vernietig word deur die spanninge, magte en werklikhede van sy samelewing, terwyl hy tog ook op ’n paradoksale manier oorwin.
Search  Find at Amazon


2024, Free Book Search